Description
OP TWEE-EN-VEERTIG het Kyle van Aswegen oënskynlik alles: ‘n ryk man, twee normale tieners en moody copper high-lights in haar hare. Maar die man praat feitlik niks, die kinders toon aweregse neigings, en die highlights voel net moody.
VIR MEER AS DERTIG jaar probeer Kyle om die gat in haar binneste vol te maak. Die gat wat oopgeruk is toe sy haar ma met onsiende oë langs die geel linoleumtafel aangetref het. So lank al probeer sy die Oros vir die snel vind wat haar ma voortdurend ontwyk het-in drank, dwelms, seks, geld…
TOT SY OP DIE dag van haar man se vyftigste verjaarsdag besef dat daar te veel pointers is om die uitnodiging langer te ignoreer: Sy sal die kerkding probeer. En die Here praat met haar, reguit en duidelik. By Hom kan sy die swaar tas afgooi en die inhoud uitskud.
Sagteband
BBCF
Condition: Good













Reviews
There are no reviews yet.