Koningin Victoria: Die Liefde en die Troon – Vincent van der Westhuizen

R25,00

Hardeband   Uitstekende kondisie

1 in stock

Description

Victoria die Grote, oftewel Alexandrina Victoria, 64 jaar lank die koningin van Groot Brittanje, Ierland en Indië, was op sig-self ‘n era in die wêreldgeskiedenis. Haar bewind (1837-1901) is gekenmerk deur wêreldwoelinge waarvan die volle omvang miskien selfs nou nog nie in die geheel bepaal is nie. Om oor dié legendariese vrou se volle lewe te skryf, is ‘n haas onbegonne taak. My keuse het dus op die romantiese sy geval. Daarom is haar liefde vir die jong Duitse Prins Albert in hierdie werk belangriker as die piek van glorie van die Britse ryk. En nog belangriker as die eerste krakies en rotsstortings van daardie piek onder haar bewind, is die wyse waarop hierdie ware vrou die groot liefde in haar lewe verweef het met haar liefde vir haar volk en ryk.

 

Victoria kan as’t ware ook gesien word as ‘n baken tussen gister en eergister. Sy is die skeiding tussen die bekende en die onbekende dinge, tussen ‘n mistige verlede en die hede, die tyd wat óns ken. Háár tyd is gekenmerk deur verbysterende meganiese ontwikkeling, soos die telefoon. Dit was die tyd toe die tradisionele seilboot vervang is deur die meer revolusionêre stoomboot, en die tyd van die eerste motors en treine. Dit was die einde van ‘n era van slawerny en die begin van massaproduksie. Maar miskien was die belangrikste dat daar toe ‘n begin gemaak is met fotografie, sodat Victoria en haar tydgenote vir ewig in beeld vasgevang kon word Hardeband Uitstekende kondisie

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

0