FREE SHIPPING ON ORDERS OVER R500! (PUDO locker to locker)

DON QUIJOTE – Miguel de Cervantes Vertaal deur André P. Brink AFRIKAANS EDITION

R75,00

Hierdie uitgawe is die eerste en enigste Afrikaanse uitgawe met die outentieke oorspronklike illustrasies van Gustave Doré, wat deur die jare al so innig met Don Quijote verbonde geraak het dat ‘n standaarduitgawe sonder hulle feitlik ondenkbaar is.   Baie goeie kondisie.

1 in stock

Description

Don Quijote was die wêreld se eerste volwaardige roman, en bly vandag nog een van die grootstes. Dit is sedert publikasie vroeg in die sewentiende eeu al in dosyne tale vertaal, en beklee ‘n belangrike posisie in die kultuurbesit van feitlik elke beskaafde volk. Die verhaal van Don Quijote en Sancho Panza. dolende ridder en sy agterryer, bekoor lesers wêreldwyd dus al eeue lank. Vroeë uitgawes in Afrikaans was dikwels baie sterk verkort, met behoud van slegs die mees bekende avonture en episodes in die oorspronklike roman. Maar in 1966 het hierdie vertaling uit Spaans deur André Brink verskyn, die volledigste vertaling in Afrikaans en die enigste waarin die gees en tekstuur van die oorspronklike in belangrike mate bewaar is. Om net aan Don Quijote te dink as die mal ridder wat windmeulens bestorm het. sê André Brink tereg in sy voorwoord, doen ‘n onreg aan “Cervantes se magtige boek, die vader van alle moderne romans”. Hierdie uitgawe is ook die eerste en enigste Afrikaanse uitgawe met die outentieke oorspronklike illustrasies van Gustave Doré, wat deur die jare al so innig met Don Quijote verbonde geraak het dat ‘n standaarduitgawe sonder hulle feitlik ondenkbaar is.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

0